Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Derick Muller

@ Sunday Times Books LIVE

Skinnys

Skinnys
deur Derick Muller

vrydagaand:
nog ‘n gig nog ‘n party
in die stad

vier am:
ek sit agtergelaat
ligte pols verlore
ek met my stywe jean en lollipop-kop

spoeg asseblief in my keel om die vuur te blus wat diep binne my brand
smeer jou tong in my gorrel om my roepstem te stil
wees my gaviscon
my medi-rite pill
terwyl ek ‘n hunker-hyg-dig
in my deurmekaar kamer
met donker skaduwees teen die muur
wat nader kruip en vir my fluister:
dis tyd om groot te word
tyd om jou hare te knip
tyd om jou kitare stukkend te slaan

“Sela!” skree ek. “Sela! Sela!”
stil die vuur, sodat ek my huis kan gaan bou in Plattekloof met ‘n swembad en DSTV
stil die vuur, sodat liefde by my sal bly
stil my drome, sodat die nagmerrie kan eindig (of begin)

“Sela! Sela!”
ek verstaan nie
hoekom dra ek hierdie labels
hoekom eet ek KFC
hoekom kyk ek MTV

“Sela! Sela!”
wie is ek
waarvoor staan ek
waarna smag ek
wat’s my drome
(het ek ooit drome van my eie)

“Sela! Sela!”
dis weer vrydagaand en my jeans sit steeds te styf
die ligte klop die lywe hyg

“Sela! Sela!”
ek staan alleen in die hoek
en verstaan skielik alles en niks van die plek
van die mens
wat so aanmekaar vasklou
bang om alleen die ewigheid in te gaan

“Sela! Sela!”
verlos ons uit die bose
sit die ligte aan
sodat ons huis toe kan gaan
Sela! Sela. sela
sela. ruspunt.

Nag Kaapstad.